Jongste aktiwiteit:

Na al die jare . . . ?

Tesame het ek en jy rond gedwaal,
niemand kon jou by my kom wegvat,
aan jou was ek gebind tot einde kom
waar ons uiteindelik rus sou kon vind.

Eers was jy daar en het ons baljaar,
skielik was die lewe leeg en alleen,
soveel so dat selfs die wind wat huil
en ruk en pluk aan die dak stil raak.

Moeg, afgeleef, beur ons nog voort,
op soek na die innerlike self se siel,
waar het hy so skielik heen verdwyn
sonder ‘n totsiens kus of ‘n drukkie?

Ek jubel en juig met oë wat glinster,
in die spieël sien ek jou bly glimlag,
‘n lang soektog het tot einde gekom
want ons het mekaar weer gevind.

Droom ek, is ons weer een gesig?
Het ek werklik my ou self gevind,
of is dit net nog ‘n vreemde gesig
wat agter ‘n masker wegkruip?

25/04/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed