Jongste aktiwiteit:

Verlore gedig

Waar sal ek begin met die storie?
Die era van voorspoed en glorie
of sal ek begin by die donker tye?

Daar was trane van selfverwyt
en verlange na plesierigheid,
die dae lank en sonder gelag.

Toe pyn en trane van hartseer
my geloof in twee wou skeur,
maar die toekoms het gewag.

Terwyl alles om my vergaan
kon ek net magteloos staan.
Waarom nog daaroor peins?

Laat ek eerder hoor wat jou pla,
dit is belangriker as my gekla.
Vertel my eerder jou storie.

Kom, laat ons dan tesame vergader
en die Vader om Sy vergifnis nader!
Hy sal ons reinig en die pyn verlig!

20/01/2016 © C. du Plessis

Hierdie gedig het verlore geraak.
Ek was nog besig daarmee toe dit verlore
geraak het en ek los dit net soos ek dit was..
(20 Januarie 2016)




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed