Jongste aktiwiteit:

Blindelingse leidraad

tussen seewier en
verrotte seebamboes
wat branderry op golwe se rug
is jou liefde my kompas,
my ewige Suiderkruis
wat met sterling die pad aanwys
my voete weghou van blinde verdwaal
ook die stofpad tot teer verhaal

daar waar brandnekels
en wilde-als
verstikkend koek
in die holtes van my keel
kom jou streelsag stem
om my weghol gedagtes
te tem

as stofstorms deur my dwarrel
verf jy in vingertaal nuwe naamborde
oor die duine van my gemoed
kerf jy in marmer ‘n padkaart
na jou hawe
sodat my voel in blindheid
jou liefde kan lees

by die kruispad van soveel vrae
sein jou oog die S.O.S en vind ek
blindelings die leidraad,
die kortpad na jou hart
wat in morse kode klop
hoor ek die suiwer lied
van jou liefde
wat nimmer stop

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed