Jongste aktiwiteit:

Droë aarde

Droë aarde

Met pik en graaf werk die boer sy land. Hande vol blase, stukkend gewerk.

Hy stap deur die land en kyk na die krake, terwyl die son aan sy skouers kou.

Hier was al water, maar die reën kom eers weer heelwat later.

Met soveel geloof in ‘n wêreld vol krake en droë geel gras, dra die boer die son se las.

Hierdie hitte sal die reën gaan haal, God sal self die weer bepaal.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed