Jongste aktiwiteit:

die nag daal

die son het gaan rus
die maan gee blou lug ‘n kus
al die meeue het gaan slaap
hier en daar blêr ‘n skaap

my duin is pikswart stil
waar golwe die strand afskil
stukkie vir stukkie skuif sand
vorm walle en slote op land

die nag skyn pikswart bewolk
waaronder die wolke draai en kolk
agter duine skyn geel straatligte
wat huisies kleur in geel gesigte

die winternagte is baie koud
diertjies skuil onder fynbos woud
mense sit voor kaggel vuurtjies
brei en lees deur al die uurtjies

vannag is daar geen akkoorde
my gees skuil onder ‘n dik jas
kruip weg en soek na woorde
wat drup en val uit ‘n vrieskas

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed