winters dag
groen fynbos velde groei rojaal
allerhande groenigheid kom op
skilpadjies kom weer kos haal
my duin verspoel ver oor sy kop
oorkant baai skyn liggies snags
verre bergreeks wys blou koppe
wit perde jaag strand toe bedags
ry fietse met stewels en stroppe
daaglikse metrum van gebeure
mens en dier woon rustig saam
seisoenale blomme in alle kleure
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.