Kommetjie tot Gannabos
weskaapse plesier
van branderplankryers
tot droë oeroue plantegroei
elke man se plesier uitgespel
wat elke oog kan sien en geniet
van Kommetjie se kreef en kelpwoude
tot Gannabos se droë veld en kokerbome
neem my reis my op vleuels van genot
iets van alles vir almal so gesog
wat een mens kan beleef
kan ’n ander oor droom
soos wit branders
op my strand
uitsoom
© Tearlach.
(Kommetjie is ‘n klein dorpie of voorstad naby Kaapstad, in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika.
Gannabos Beskermde Gebied, geleë naby Nieuwoudtville in Suid-Afrika se Noord-Kaap provinsie, is bekend vir die huisvesting van die wêreld se grootste kokerboomwoud.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.