
‘n oomblik helder
Dit is ‘n nuwe maand
Oktober die mooiste-mooiste maand
gly my gedagtes oor die branders se kruin
dit tuimel-rol tot waar die see die strand ontmoet
Oktober die mooiste-mooiste maand
Alles is so helder, so groen,, so blou
dit tuimel-rol tot waar die see die strand ontmoet
Soggens en saans al langs die kus
Alles is so helder, so groen, so blou
soos ‘n helder waterdruppel blink in die son
soggens en saans al langs die kus
Dit is ‘n nuwe maand
(Pantoene digvorm)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek