Jongste aktiwiteit:

Oktober 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ek julle initiatief toets.

Opdrag soos volg:

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig oor enige onderwerp maar in ‘n digvorm waarvan jy nog nooit voorheen as publikasie op INK gebruik gemaak het nie. Vryeverse, by definisie word dus uitgesluit tensy jy nog NOOIT een op INK geskryf het nie. Die basiese digreëls is van toepassing. Toon aan (tussen hakies), aan die einde van jou gedig van watter digvorm jy gebruik gemaak het.

VERHAALSKRYWERS:
In Oktober 1908, het die eerste Model T Ford op die mark gegaan. Skryf ‘n vonkverhaal in minder as 400 woorde in ‘n verbeeldingsreis asof jy een van die kopers was van een van die eerste Ford motors. Dit mag in enige genre (komies of nie) aangebied word.

ARTIKELSKRYWERS:
In Oktober 1863, proklameer Lincoln die laaste Donderdag in November as “Dankseggingsdag” in Amerika. Skryf ‘n artikel (onthou ‘n artikel is feitlik) oor die ontstaan, motivering en gebruike van hierdie dag. 400 woorde maksimum.

RUBRIEKSKRYWERS:
In Oktober 1181 is St. Francis van Assisi gebore. Hy stig die Orde van Franciscus en leer en filosofeer oor verskeie gedagtes. Skryf ‘n rubriek (onthou ‘n rubriek is ‘n persoonlike mening of aanslag) oor wat jy dink die deurslag van sy leringe was en hoe jy daarmee saamstem of verskil. 400 woorde maksimum.

GORRELSKRYWERS:
Gee ‘n opinie oor die werksaamhede en wyse waarop opdragte in die projekte voorgestel word. Gebruik ook die geleentheid om voorstelle te maak oor moontlike tema’s vir die toekoms. 400 woorde maksimum.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • René het n geregistreerde lid geword

  • Jadrick het n geregistreerde lid geword

  • Ano het ‘n nuwe publikasie gemaak