Jongste aktiwiteit:

KEN JOU KATEGORIE vir plasings op INK

By navraag verduidelik ek graag die verskil tussen verhale, atrikels, rubrieke en gorrels.

VERHALE:
Dit is belangrik dat jy as skrywer weet in watter klas jou verhaal gesorteer word, met ander woorde, is dit:
1. Roman
Die roman is ‘n lang prosaverhaal wat uit kleiner eenhede bestaan waarin die wel en weë van karakters teen ‘n spesifieke agtergrond vertel word. Die roman bestaan verder uit vier verdere onderafdelings:
i. Historiese roman
historiese romans wat ‘n tydperk uit die verlede uitbeeld of die gees van die tydperk weergee en klem lê op die algemeen-menslike daarvan
ii. Karakter roman
karakter- of sielkundige romans probeer hoofsaaklik om die siel van die mens uit te beeld deur die menslike karakter tot in die fynste besonderhede te ontleed
iii. Intrige-roman
intrige-roman laat die klem op die handeling en verhaal val
iv. Tendensroman
strekkingsroman (tendensroman) is ‘n roman waarin die skrywer sy verhaal gebruik om ‘n bepaalde idee te verkondig, of om ‘n oortuiging te laat posvat, of om verkeerde toestande te hervorm deur hulle aan die kaak te stel.
2. Kortverhaal
Die kortverhaal wil dieselfde as die roman bereik: ‘n stuk van die lewe uiteeld maar doen die meer gekondenseerd en gekonsentreerd. Alle reëls wat op die roman van toepassing is, is ook op die kortverhaal van toepassing.
3. ‘n Novelle
Die novelle val êrens tussen die kortverhaal en die roman. Dit is langer as die kortverhaal, maar korter as die roman. Dit is nie so gekonsentreerd soos die kortverhaal nie en enkelvoudiger van opset as die roman, met gewoonlik net een gebeurtenis as tema.
4. Skets
Die skets is, soos die naam aandui, die tekening van ‘n toneeltjie, ‘n losstaande gebeurtenis, ‘n persoon of groepie persone, ‘n stukkie milieu, ‘n bepaalde stemming – sonder dat die verhaalelement sterk aanwesig is en sonder die diepere samehang van oorsaak en gevolg.
5. Essay (Kunsopstel)
Die essay of kunsopstel bevat ‘n stukkie kommentaar oor die lewe. Dit is ‘n kort prosastuk, gewoonlik sterk persoonlik gekleur, en óf krities óf bespiegelend van aard. Die primêre doel is om te kritiseer of kommentaar te lewer. Die suiwer essay is altyd selfopenbarend. Dit is die liriek onder die prosasoorte. Daarom sal die suiwer essay altyd die belydenis wees van die skrywer se geloof, sy liefdes, sy vooroordele, sy twyfel, sy kennis of sy siening van die waarheid.

DIE ARTIKEL:
Die artikel is ‘n vorm van verslaggewing wat streng geskoei is op feite deur en as gevolg van navorsing. Anders as in ‘n rubriek neem die skrywer NIE ‘n persoonlike standpunt in oor die onderwerp nie, maar weergee diverse sienings van ‘n saak om die leser in staat te stel om ‘n eie opinie en gevolgtrekking te maak oor die feitlikheid van die onderwerp. Die doel van ‘n artikel is informatief (informasie-gewend) van aard.

DIE RUBRIEK:
‘n RUBRIEK is ‘n meningstuk; ‘n uitspreek van ‘n persoonlike opinie, dikwels geskoei op subjektiewe aannames. Die wese van ‘n rubriek kan baie verskil. Party stukke lewer kommentaar op een of ander aktuele saak in die samelewing; ander is nostalgies van aard; ander inspirerend, en party kan selfs baie humoristies wees.

DIE GORREL:
Van al die kategorieë, is die gorrel seker die moeilikste om behoorlik te omskryf. Dit kan ‘n opiniestuk wees, wat voortspruit uit persoonlike ervarings of selfs gemeng wees met feitlike verwysings. Ek persoonlik voel dit is ‘n onnodige subafdeling maar wil my eerder weerhou van ‘n snobistiese uitspraak en voorstel daar is geen plek daarvoor in prosa nie. Is dit ‘n instrument soos die ‘blog’ waar ‘n skrywer sy/haar frustrasie kan deel of is dit bloot toestemmend tot uitlating van sosiale kommentaar wat kwetsend is? Ek weet werklik nie. Sou die skryfstuk nie die karaktertrekke van enige van die ander kategorieë bevat nie, wil ek myself verstout en toegee: dit is dan seker ‘n gorrel.

Julle is altyd welkom om navrae na my inboks te stuur, en indien ek dit nie self kan beantwoord nie sal ek naslaan en daarop antwoord.
Skryf in Afrikaans – dit bevry!

Skryfgroete
IM




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed