God is
God is
As woeste winde waai
en golwe oor jou boeg slaan,
onthou: God is.
As die doodsengel kom draai
en ʼn geliefde van jou doodgaan,
onthou: God is.
As beskuldigings teen jou laai
en jy onskuldig skuldig staan,
onthou: God is.
As die haan van verraad kraai
en jy word met woord en daad geslaan,
onthou: God is.
God is met jou!
God is vir jou!
Onthou: God Is!
© Stephan Uys 2018/09/19
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Stephan, maak net asb seker van die Engelse sonnet se vereistes soos die projek opdrag vereis