Almal soek ñ sprokie
Almal soek ’n sprokie…
’n Lewe vol gate, soms voel dit sonder bate.
Verlore liefde en ’n beursie wat lek.
Alleen vat oor en los ’n leë plek.
Dalk ’n beter môre of ware liefde is die sprokie se naam wat die mensdom soek.
Die gevoel van behoort en ’n plekkie onder die son…
Die sprokie lê in môre se wind, was vandag deel van gister se verhaal of is dit die begin van dalk ’n sprokie?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.