skaduwees
as jou dae soms te donker wil raak
al die skadus in jou kop kom skuil
voel dit asof hekkies net te hoog raak
dat al jou drome maar in stilte huil
so dikwels hou ons aan die seer vas
dink die swaar tye sal nooit weg waai;
so dra ons die ou bagasie soos ‘n tas
terwyl ons soms self die lig verraai
maak jou hart net oop en kyk na Bo
nuwe hoop sal soos oggendson deurbreek;
laat net die stille liefde toe in jou glo
dit sal elke skaduwee stadig verbleek
dan vind jy vrede, liefde en geluk
verwyder hemellig jou donker stuk vir stuk
© Tearlach.
(Skaduwee beteken letterlik ‘n donker vorm of figuur wat ontstaan op ‘n oppervlak wanneer ‘n voorwerp die ligstrale blokkeer)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.