Jongste aktiwiteit:

Denensie nr 5

Kyk, hier is my hande
saamgevou voor my
prewelende stem,
hoor jy my krete
saggies na binne ruk?

Voel jy my woorde
wat hoendervleis
oor die hemelwand hef?

Proe jy my trane
wat wanglangs drup
oor niks;
oor jou;
oor alles en almal
want jy het siels-stil geword en ek
hobberend in ‘n hel van hallusinansies
tussen gister en nou.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak