Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind
sodat ek net weer die mens binne my kan vind
want my wag het lankal die lewe ingeskiet
terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind.
© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind
sodat ek net weer die mens binne my kan vind
want my wag het lankal die lewe ingeskiet
terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind.
© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
die huiswerk
het by skool gebly
onaangeraak in die bank
lê die baaslose taak
ongedaan
die vrae onbeantwoord
die somme eindig in =
die stories dryf
ongeskryf
werk is ń mors
van my rook tyd
werkloosheid is mos goedkoper,
ala ekonomie op ń hoër graad
vermy die snelweg
wat spoed na werkplek
stotter voort op…
Wie sal eendag die gelag moet betaal,
omdat ons die swyne doofstom onthaal;
wyl hulle óns reënboog se kleure steel
en die son – korrup – met weemoed vervaal?
Winter van 1843.
Aan die voet van die Drakensberg is die opstal van Hendrik en Martha de Beer. Dit is die jaar 1843 en winter het sy vere reggeskuif en in volle glorie neergedaal op die vaal vlaktes.
Hendrik se plaas het in die kromming van die berge gelê in, daar…
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
haar wit gevlekte lyf
nakend in die holte
voetjies koud en styf
haar offer een van liefde
in die donker nag se klou
lippies wat eens rosig was
nou ‘n lewelose blou
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
geen spoor was daar te vind
eggo stemme in die donker
in die suising van die wind
saggies neurie…