lig in die bankrot skuld
–
bitter is die gal van my geheue
oor bankrot beloftes van leiers
leiers wat hul volgelinge verraai het
wat hul kiesers bespotlik gemaak het
wat hul eie nageslag beswadder het
nie verdien om op ‘n grafsteen
herdenk te word nie
–
soet is die wete in my hart
dat die boere volk integriteit het
ingebore intelligensie en planmatig
sy eie toekoms kan loop met sy God
onderdrukking of slagting ten spyt
sal ons kinders weer begin bou
aan ‘n nuwe boere volk
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.