Voorjaar
Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing
haar duinsandwange bloesend rooi
sjiek geklee in mooiste madelief
en vir haar slanke hals
het Hy vir haar ‘n snoertjie druppels
uit die eerste lentereën gebring
©️Elize Kruger
16 September 2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.