Jongste aktiwiteit:

Hoop Alleen

teen ń grysblok
op ń leë verfblik
sit sy in gemors
hoop om as vrou
gesien te word

hand garing uit vuil mou
deur gate loer dun tone
ore is tarentaal blou
haar olie hare hang
die lyf kreef weg

haar oë is bloed
die maag skree vrot brood
haar kop roep dop
die stem vra geldjie
sy verwag net ń skop




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed