Jongste aktiwiteit:

Bewaar jou hart

Ek weet jy is eensaam en alleen
wag ñ klein rukkie vir die perfekte een
jy voel gebroke en verward
wees geduldig hy is reeds oppad

Die stampe en stote voel oorboordig
en jy wonder by jouself is dit werklik nodig
hoeveel seer en trane kan jy nog verdra
bly op jou knieë is wat die Vader jou vra

Jy is besonders en baie spesiaal
jy kan getuig uit jou lewens verhaal
jy is bestem vir soveel meer
hou met albei hande vas aan jou Heer

Hy sal jou nooit begewe of verlaat
as jy twyfel gaan vra by Hom raad
jy voel gereed om ñ kans te vat
koningskind bewaar jou hart

© Ans van Rensburg
21/07/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed