Jongste aktiwiteit:

Vrede

Vreedsame lewe is waarna ek smag
met dit in my lewe kan ek baie meer vermag
die wêreld se dinge is wat my vrede steel
tog het ek so baie om met die lewe deel

Vader neem weg dit wat skeiding bring
van U oneindige liefde wil ek altyd sing
hoor my hart roep na U Vader
ek wil met als in my tot U nader

U gaan voor my uit om my pad gelyk te maak
ek kleine wese vir U volmaak
ek is geskape perfek na U beeld
dit staan in U woord, waarom twyfel ek dan gereeld

Staan agter my satan hier is nie plek vir jou
my Vader is die een op wie ek vertrou
vul my lewe met U vrede Koning
my mense hart vir U ñ ewige woning

©Ans van Rensburg
2/9/22




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed