Te Min tyd
My hart in duisend stukke gebreek
soos ek luister na jou afskeid preek
nooit gedink die dag kom so gou
wou jou nog langer hier by my hou
Ons lewensreis is op geteken
jy het meer as die lewe self vir my beteken
hoe moet ek sonder jou aangaan
waar kry ek dan die krag vandaan
Ek weet waar jy nou is,is jy tevrede
ek weet ook daar is ñ doel en ñ rede
jou plek hier by ons is so leeg
ek sukkel om sonder jou aan te beweeg
Ek moet jou laat gaan en laat los
jy is van die wereld se pyn verlos
ek weet dit was ñ strawwe stryd
ons tydjie saam net te min tyd
1/8/2022
©️Ans van Rensburg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.