
Hoop na die reen
Laas nag het die hemele weer gehuil
Saggies gesing op die dak
My stilletjies
Aan die slaap gesus
Vanoggend is die wêreld skoon gewas
Nuut, vars, lieflik
Terwyl die sonstrale
Deur die wolke breek
En hoop in my hart
Vasgevang word
Met die voëltjies
Se oggend gesang.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Hoe laat jou gedig ń muwwe kapenaar nou na die hoëveld verlang. Dankie Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Die gebruik vd woord huil pla want dit pas nie in die tema wat van gedans. Die woord orde in “ Vasgevang word” moontlik word vasgevang sal ritme verbeter