
hulle is vry
hulle is vry
die koninkryk strek
so vêr die oog kan sien
groot wilgers is kastele
monumente
ter ere van ewige jeug
van vir ewig lewe
verdedig met klei en lat
van dapper trapfietsridders
van die tot-sononder-orde
hulle is vry
oorwinnaars van oorloë
teen hersenlandmonsters
op drake met vuur
vanuit verbeeldingsberge
teen donker gediertes
vanuit gedagtesdiep
dierasies met vinne
ander met vlerke
wat hardloop op die wind
met die blus van die son
is die vyand verslaan
nag val in vrede
oor die onsterflikes
in vrede is daar stilte
in stilte
rus
die son sal weer
uit die as van gister
vuur
helder belofte
van ‘n nuwe dag
eers dan
is môre hier
hulle is vry
©VonVillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.