sal dit vir jou hou
sal dit vir jou hou
niks bot hier nie
dra geen vrug
benodig geen water
of snoei nie
dit soek bloed
ek kan nie meer bloei nie
my vel is waterlose bas
uitgedroog en leweloos
jou hande, steeds warm
vat my gesig, lek my wang
doodstil in die lug
hang sondaars gekruisig
ons pragtige vrug
en hel is koud
©VonVillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.