die diepte van vrede (SILWER)
die diepte van vrede
as vrygekoopte kind van Hom
het ons vrede op grond van Sy genade
hoekom sukkel ons dan so
om in, deur en met vrede te leef?
so asof vrede vir ons weghardloop
met onrus en geweld van wêreld
so boos –word ons bombardeer
kan dit dalk wees
dat ons vergeet wat ons het:
die vrede van ons Heiland
as Kripkind is Hy gebore
gesterf aan ʼn houtkruis
… so het Hy alles kom verander
veroordeling vervang deur vergifnis
stukkendleef verander in heelwees-weelde
ondanks!
geweld, gruwels en gemors
nou geliefd, gered en veilig
VEREWIG
in
HOM
laat ons leef in die Lig van Hom
©Marlene Erasmus
11/11/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek