
Weerbare wonder
Ek wil wegwaai saam met jou, in ‘n warrelwind,
Stilletjies jou hand vat, al die klein goedjies in jou hart pak
En aan mekaar belowe, dat ons onperfekte deeltjies
Al die Donker swart gedagtes weghou
Wil saam met jou op die wolke dans, terwyl dit reën
Kom ons loop saam deur hierdie deur
Die lewe met al sy dinge, los net trane en gebroke harte
Wat onverwags by jou ‘n draai kom maak
Onverwags grynslag lang skaduwees
Om jou van jou blydskap te beroof
Om jou van die liefde in jou hart te murmureer
Soos erge weerlig bruis deur ‘n stormvloed van reën
Die nerf-af van ‘n nuwe dag,
ontwaak na die swaar weer
Weerspieël gister se verniel, weer met nuwe hoop
Ha-llo-oooo November, breek hoop deur die mure van verniel
En kleur al die paaie in met Goud
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek