
het God gesê
het God gesê
jy mag van geen boom eet nie
sy het getwyfel en hy daarna
nooit weer het drie
saam gewandel nie
verjaag, vervloek in doodse skadu
geklee in traneblos
haar pyn baar lewe, met haat vermoor
sy saad, leweloos in swart gebore
swoeg en sweet troos tydelik
die huil van hongerlied
onophoudelik, onversadigbaar
refrein van doodverstik
Ouerhart, getrou en sag
verhoog sy Lig en Waarheid
angellose, donker dood
die Weg terug verlig met Hoop
©VonVillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek