
Moeg
Vandag is elke greintjie energie
my uitsgesuig
soos die laaste teug
uit die versteekte kondensmelkblik;
dit het my net nog meer lam gemaak.
My aksies is soos die
van Flash, die sloth In Zootopia
nie eers Nescafe strong
is vandag sterk genoeg nie
en lê more nog soos Kilamajaro en wag
voor daar ‘n oomblik van
asemhaal aan die deur klop.
Eenvoudig gestel ek is op!
soos verlede jaar
se kermis pannekoek
en is ‘n ronde nul op ‘n kontrak
Tog sit ek hier vir jou
en doen my bes
sodat jy vierkantswortel moet verstaan
en hoe om Pythagoras toe te pas
my laaste korretjie
entosiasme gebruik ek
op x en y in my wiskudnde klas.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.