Met die knip van ñ oog
Met die knip van ’n oog
Môre voel so ver, gister sleep steeds agterna.
“Ek wou nog” is woorde om spyt se vlerke te beskryf. Maar dit is te laat, slaan die hamer so gou soos die oog kan knip.
’n Lewe vol geleef en skielik is als verby.
Soms kom maak die dood ’n draai, of glaskastele is in hul maai.
Tog kom daar lig na elke knip, die oog sien weer na ’n donker sekonde.
Horlosie tik dalk die sekonde, maar die knip van die oog bepaal die tyd.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.