Jongste aktiwiteit:

Die Oumenshande

Die oumens se hande
Hou stil oor die deeg
Die beeld is nou ‘n vassteek
Oor die verlore bande

Die blou vensters wasig
Trane van onthou
Soos die nuanse van gister ontvou

Die spieël van die hart is jong kinders
Om die kombuis tafel, luid
Gehoor van wyd tot syd
En ‘n traan biegel oor die rinkels

Moeisaam loop die eens flinke bene
Die tafeltjie met die Groot Lewensboek
Daar waar die bok smaggend soek
Dit is die oumens se boustene

Dan word die verlangtrane
Sagkens gestreel deur die Soete Wind
Wat die Vader het vir dié kind
En open die liefdes-hemels-krane

Die oumens hand veeg oor die trane
Die blou vensters nou helder
Die seer minder feller
As sy die familie sien in die hemel strate




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed