Jongste aktiwiteit:

Vyf-en-veertig minute van hel blitsfiksie 169 woorde Goud

Bloed. Sand. Sweet. Salpeter wat klou aan rou wonde . Hoekom? Ek struikel oor die soveelste kadawer en voel hoe die swart brommers teen my vasvlerk. Ek kan nie meer nie. Ek kruipkoes tussen duin en bos. Hier loop die dood vandag grynsend sadisties rond.

Vyf en veertig minute van hel. Toe die skuit se bodem sandskraap moes ons hardloop.  Die koeëls se swiepgeluide het verklap dat daar meer as twintig man in die bosse geskuil het. Oral het die dood op die fyn sand gelê. Sommige net holkas kopbene met meeue wat kras en skreeu vir nog ‘n snawel kos.

Dan bars pandemonium los. Ek graaf myself dieper onder ‘n oorhangbos in. Eers sag. Dan harder en harder. Totdat die oorverdowende geluid van vegvliegtuie deur die donker bars.  Bloed. Rooi-oranje flitse wat oor ons koppe oopvlek. Dan is dit grafstil. Net die gelag van die meeue wat krysend verder vreet. Die oorlog is verby. Die son breek oorwinnend oor ‘n blou see. More is net nog ‘n dag.

 

AMANDA DE MEILLON




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed