Die onbekende violis.
Vandat ek kan onthou, is ek absoluut versot op klassieke musiek. Dit het net ‘n manier om my tot in my siel rustig te stem. Dus, toe my vriend, Riaan my nooi om na ‘n simfoniekonsert te gaan, het ek nie vir ‘n oomblik geaarsel nie. “Ja, dit sal heerlik wees.”
Die aand van die konsert draai ek paar keer voor die lang spieël in my kamer. Die weerkaatsing van my in die elegante swart nommertjie bring dadelik ‘n glimlag na my gesig. Riaan ontmoet my by die voordeur en hy is self netjies uitgevat vir die geleentheid. Dit is nie elke dag dat daar ‘n simfonie-opvoering in ons klein dorpie plaasvind nie.
Ons stap na die ingangsportaal en die rooi tapyt wat ons verwelkom, laat voel my soos ‘n prinses. Ligte skyn helder en die mense pronk behoorlik in hulle beste uitrustings. Ons wys ons kaartjies en word ons plekke aangewys.
Die stadsaal lyk pragtig! Al die rooi stoele pruik in ‘n halfmaan om die verhoog wat versier is met die pragtigste blomme en versierings. Ons vind ons plek en gaan sit vol verwagting oor die vertoning.
Sommer gou is die orkes op die verhoog en die dirigent lei hulle in. Simfonie No. 9 in D mineur, op. 125, “Choral” slaan my asem weg. Die dirigent buig galant onder die luide applous van die gehoor. Waardering skyn openlik op die gesigte van die mense.
Hulle neem weer plek in vir die volgende deel van die konsert. Halfweg deur die konsert, gebeur iets totaal en al ongehoords! ‘n Man in ‘n swart manelpak storm oor die verhoog en skree: “Ek kan nie langer stil bly! Julle klink heel vals! Ek kan nie anders nie, ek moet hierdie doen!” In die middel van die verhoog kom hy tot stilstand, buk af en haal sy viool uit sy sak.
Daar heers ‘n geskokte stilte, ek en Riaan kyk na mekaar met verbaasde oë. Niemand weet wat om te verwag nie. Die man begin speel en die mees ongelooflikste note vul die saal. Engel-musiek vloei deur die gehoor en die verbaasde simfoniespelers val in en speel saam met hom.
Toe hy klaar is, buig hy so ewe. Die hele gehoor staan op in dawerende applous en juig hom toe. “Dankie, dankie,” sê hy. Hy draai na die dirigent: “Ek is jammer dat ek die konsert onderbreek het, maar ek moes dit net doen. Ek hoop julle het dit geniet.”
Na die insident gaan die konsert voort en die orkes speel nog paar pragtige stukke. Dit is egter of die musiek vir my egter bietjie verflou het. Dit was ‘n onverwagse, onvergeetlike ervaring en ek is so bly dat ek dit kon beleef.
Die atmosfeer in die konsertsaal het egter verander. Die energie is elektries en die musikante op die verhoog speel met hernieude ywer en passie. Ek kan sien hoe die onbekende violis hul geïnspireer het met sy onverwagte vertoning.
Ek draai na Riaan, glimlag en sê: “Sjoe! Dit was nou iets spesiaals, nè? Hy knik en half oorbluf antwoord hy: “Ja, definitief ‘n groot verrassing. Ek wonder wie daardie man is?”
Ek trek my skouers op. “Ek weet nie, maar hy is eenvoudig net ongelooflik talentvol!”
Na die konsert staan almal in die voorportaal met glasies en gesels oor die opvoering. Toe ons uitstap om vars lug te skep, sien ons die man buite, eenkant staan en rook.
Riaan stoot my half in sy rigting. “Kom ons gaan groet hom,” stel hy voor.
Ek huiwer eers, maar stem in. Ons loop na hom, glimlag en groet. “Goeie naand,” klink my stem half vreemd in my ore. Ek voel ‘n sagte, elektriese skok deur my vingers gaan toe hy my hand in syne neem en ewe galant ‘n soentjie gee.
Riaan staan nader en steek sy hand uit. “Aangename kennis, ek is Riaan en dit is my vriendin, Elize.”
Die man los my hand en antwoord: “Aangename kennis, ek is Alex.”
Ons gesels oor musiek en dit gou blyk dit dat Alex ‘n professionele violis is wat onlangs na ons klein dorpie verhuis het.
Toe ons groet, sit ek my hand op sy arm, en weer voel ek dieselfde elektriese trillings deur my gaan. Toe ek my hand van sy arm lig, bly die sensasie van daardie trillings in my, soos die naklank van ‘n melodie wat te vinnig verby is.
By die huis stap Riaan saam met my na die voordeur. Hy groet my met ‘n soen op die voorkop. “Ek hoop jy het die aand geniet, liefie.”
Ek glimlag en knik. “Ek het definitief, dankie dat jy my geneem het.”
Riaan glimlag en stap na sy motor toe. Ek gaan binne en trek ingedagtig die deur agter my toe.
Terwyl ek in bed klim, flits my gedagtes terug na die aand se gebeure, en spesifiek na Alex. Ek weet ek behoort nie so te voel oor enige ander man, behalwe Riaan nie, maar ek kan nie help om aan Alex te dink nie.
Die aand het my geleer dat die lewe vol verrassings is en dat dit belangrik is om oop te wees vir nuwe ervarings, selfs al moet jy jou hart oopmaak vir die onbekende. Ek raak met ‘n glimlag op my gesig aan die slaap.
©MarleneErasmus
31/08/2023
(876 woorde)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige verhaal, maar ongelukkig het die projek reeds gesluit