Jongste aktiwiteit:

Rosa se vuur

Rosa se Vuur

Sy kom uit die tyd van swart en wit. As dogtertjie kon sy maar net bid.

Die heilige Herero-vuur was van haar geneem in ‘n donker uur.

Skielik word sy wit.

Tonge klap en bring groot twis.

Aan moedertaal wil sy klou,soos ‘n tou sonder ‘n knoop.

Haar “Ma” het haar geleer van alles wat die lewe mag bring.

Voor haar nuwe ma die aarde verlaat, groet sy vir Rosa:

“In my oë was jy my enigste kind.”

Steeds, al waai die lewenswind, bly brand Rosa se lewensvuur.

Al slaan omstandighede haar dikwels blind, maak sy seker iemand anders se dag bly blink.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed