Op die horison’pad
Deur die stiltes
van die vuur
voel ek hoe die son
warm brand
In die geraas
van donder’weer
trek my hart na jou
keer op keer
Die stilte
staan hier voor my deur
fluister die wind vir my
dis ‘n langpad na liefdes’land
Dans jy
saam my
tot anderkant
niemands’land
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.