Jongste aktiwiteit:

Kersfees

Kersfees

Here op hierdie Kersfeesdag
die herdenking van U geboorte
besef ek ons bly U kinders van
ons geboorte af tot in die ouderdom
want ons jare gemeet teen die ewigheid
is nietig, nie eens ‘n stippel nie wyl
U die Wysheid bestaan van ewigheid af
en was ‘n kunstenaar naas Hom die Vader [Spreuke8:30]
Ons bly nietig want Hy weet watter
maaksel ons is gedagtig dat ons stof is [Ps 103:14]
en U die Son van geregtigheid en heerlikheid – – –
Daarom Here,
op hierdie Kersfeesdag kniel ons
weer kinderlik langs ons bedjie en
vou die hande saam in eerbied
as ons bid:
Ek is ‘n kindjie klein,
Here maak my hartjie rein,
Amen – – –

Janetta – Helena [Babs]©




3 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek 

  • Janetta-Helena Boonzaaier

    Baie dankie Anze, ek het jou boodskap gekry, maar ek weet rog nie wat om te kies nie, Myra het van my goed en kies self vir haar boek, ek wag nou reeds vir haar boek, Jy praat van 3 gedigte, en ek weet nie wat nie.

  • Inkmoderator

    Janetta, lieflike vers. Ek sal voorstel dat jy van die asteriks [*] gebruik maak waar jy Bybelverse aanhaal. Plaas dit dan in 'n voetnota onderaan jou gedig. Alhoewel die drie aandagstrepe seker toelaatbaar is behoort dit ook funksioneel te wees. In die eerste geval kan ek dit oor die hoof sien maar ná die Amen hoort dit vir seker nie. Jou gedig is mooi versorg. IM

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed