Jongste aktiwiteit:

Geheueverlies

Geheueverlies

Hulle noem my koms geboorte – – –
Ek was dus gebore maar
weet egter nie daarvan nie ek het
onverklaarbaar in vreemde arms beland
en instinkmatig aan haar sagte bors
melkies begin drink daar was ander mense ook – – –
Ek is van iewers ek weet self nie waar nie
daar is geen visums of papiere nie
ek ly dalk aan geheueverlies want ek het
onverklaarbaar in vreemde arms ontwaak – – –
Ek het later besef sy is my mamma en
ek het haar leer ken want sy het my
gevoed, gebad, en vertroetel maar
as ek net kan onthou vanwaar ek is
maar ly dalk aan geheueverlies – – –
Ek gaan voortaan bly in die snaakse wêreld
maar ek is ‘n alien van iewers sonder
enige visums of papiere en ly dalk
aan geheueverlies, maar
ek het vir mamma – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed