Jongste aktiwiteit:

ons vyand

Droogte terg in my ore
‘n naam wat ‘n gat
in ons tydlyn gemaak het
‘n naam wat ons
nie kan weg wens nie
dis sy tyd
om te verniel
om te verwoes

waar sy gloedlippe ons water drink
en vuurvingers ons kos steel
sy woestynvoete die Lewe doodtrap
en sy droogtedans brand ons hoop dood

Droogte gaan vir ‘n lang tyd
ons grootste vyand wees

©Roeline van Schalkwyk




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed