Jongste aktiwiteit:

Verlange

Verlange

Vanaand vat verlange my ver weg van die hede
ontvoer onthou my gedagtes na die verre verlede
salig sweef ek na jare terug
op nostalgie se satynsag rug

ek onthou van soentjies steel
en van dagdrome deel
ek onthou van kattekwaad
en die ontdek van goed en kwaad

maar voor die verlede my kan toevou
toe onthou ek weer van jou!

deur Stephan Uys




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed