Huweliksboot
Blosend bestyg ons die huw’liksboot,
ons ewigdurende skemerkelk-droom
wat gou ‘n hersenskim word en nie skroom
om skewe verwagtings van harte te bloot.
Dit voel my jy’s by bak- en ek by stuurboord
soms ruik ek net jou skeerroom op die dek
mis hoe ons lywe die huwelik voltrek
o, die skokgedagte, of ons nog sáámhoort.
Maar ek prys jou Michelangelo-Dawidlyf,
ek stop ‘n wulpse nota in jou beursie,
weerhou my van ‘n huisvrou se gekyf,
raak hartstogtelik met elke weersiens,
want sou my bootjiehelfte weg van joune dryf,
die afgrond tref, dít sal ek nie oorleef nie.
(Italiaanse sonnet)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek