Jongste aktiwiteit:

Die man in donker strate

Die Man in Donker Strate

Vol van homself, altyd reg om vir geld te veg.

Tog kry hy dit regom koppe te laat draai.

Lief vir sy omkyk tabak, altyd iewers versteek in sy sak.

Tronktralies het hy goed geken. Daar moes hy boet vir sondes van lank gelede.

Vuil en op straat ontmoet ek die man met ‘n hart van goud.

Die wêreld was sy speelplek, maar sy hart het ‘n groot seerplek gedra.

Sy lewe sou hy vir jou gee.

Sy drome wou hy nooit prysgee nie.

Opgebou en weer begin. Hierdie keer homself ‘n bietjie minder bemin.

Toe moes ons groet.

Die donkerkant het op die einde sy lewe oorwin.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed