
Maskers
Die maskers wat jy dra
vra nie vrae nie,
hulle sien wat hulle verwag
en begrawe die waarheid
en steel jou lag,
en wanneer die nagte donker raak
kyk jy deur wasige vensters
en probeer sin maak
uit grafte wat nog
oop lê hier voor jou,
want wat jy is
lê lankal begrawe
in vergete harte,
want hoe hul na jou kyk
verklap geen woorde nie
en jou woorde vind geen rusplek nie,
want wie ken ñ hart
wat ñ pad alleen stap
jy kies ñ pad
en hardloop
waar geen grondpad
stof in jou oë laat nie,
jy kies ñ pad
waar hulle stemme nie kan weergalm
in die hartpalm van jou siel nie,
jy kies om gesigloos
voor hulle te staan,
want wat hulle dink
wys in hul oë,
dit wat hul nie sê nie
staan geskryf in hul maskers.
Chantelle Holder
© 2015
3 Kommentare
-
@Verstaan
Is daar n volledige ontleding vir hierdie gedig?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi geskryf