Oom Bottervlieg
Oom Bottervlieg
Oom Wouter het’n houthuisie doer diep in die woud.
Om sy plankkasteel het hy geplant aan elke blom waaraan jy kan dink.
Die mense praat:
Sy boerdery gaan sink. Wie gaan nou aan blomme kou?
Met grys, ongekamde hare drentel hy elke dag deur blomme en blare.
Hy gesels met skoenlappers soos familie.
Al het jy geen kind of koring om te saai, leef hy elke dag in sy tuin so vry.
Al noem die dorp hom Oom Bottervlieg, sê hy:
“Julle kan maar gaan vlieg.”
Hier waar hy sy blomme saai, is daar geen pes wat aan sy oes kom maai.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.