Grootsheid
Sagte geel sonstrale
Dartelend deur ‘n groen blaredak
Onbloot spikkeltjies ligstof
In strelende vingers tot op jou wang
Uitbundig prentjies
Op jou vredevolle gelaat
Ek kan net sit en kyk
Want dis die oomblik
Wat die wonders van die skepping een raak
Hier waar jy lê en slaap
En ek besef
Die betekenis van grootsheid
© F Jansen van Vuuren
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Absoluut puik!