Jongste aktiwiteit:

Die Reis Daarna

Iewers op die stofpad van verlang
Het seer die mylpale laat kwyn
Bestemmingd onbereikbaar
Afstand slegs ‘n konsep

Doelgerigtheid verdwyn met elke stap
Die einddoel slegs ‘n vae visioen
Die felle son wat neerbrand
Net die rigtinglose aanslof

Elke dag volg net die vorige
Ongenadiglik ‘n pad wat eindloos blyk
Steeds geen rigtingwysers
‘n Vae verwagting van Valhalla

Wanneer hoop total beskaam
Met skoene deurgeloop
Sieledors ‘n daaglikse ervaring
Skreef hy sy oё oop

Die einde van ‘n onbeplande reis
Vrede vir die siel en vlees
Wanneer uit die niet
Valhalla op die horison verskyn

Asof dit net nog altyd was

© F Jansen van Vuuren




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed