Voetestamp
Voete Stamp
Op sestien moes ons almal registreer
Wil jy nou meer
Op skool was ons nog eintlik
Maar vir die weermag registreer ,was feitlik
Dit was die weermag
Of die tronk wat wag
Almal was opgewonde
Vir twee jaar was jy aan stewels gebonde
Party soos ek , het dit gehaat
Wat sou die oorlog ons baat ?
Die korporaal se geskree
Het my laat voel ek wil die paradegrond met hom vee
Jy voel soos ‘n hond
Almal jaag jou rond
Dan is dit na die front
Hier skiet die manne bont
Die korporaal verander in ‘n sammajoor
Hy wil niks van jou probleme hoor
Skiet hulle manne,hulle is in die nood
Ons sal veg tot die dood
Dit was nie ons almal se wens
Maar dit was die grens
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.