Die Donskombers van die Lewe
Buite drup water troosteloos met eentonige reёlmaat
Van die sinkdak …. dit is winter
Mis dampkring om straatligte
Maak my melancholies in lank vergete gedagtes
Binne luister ek toegewikkel in die donskombers
Dink …. wonder oor verlore tyd
Verspeelde kanse en ander kosbare belaglikhede
Niemand het my ooit vertel ….
Donskomberse is bedoel
Vir deel
Anders
Bly jy koud
© F Jansen van Vuuren
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Man dis mooi! En dit pluk aan my hart.