bedrewenheid
sag dog dringend
laat hul die skuite uit
op golwende watervlak
kalm soos ‘n meer lê dit
blink soos ’n spieël van glas
die oggendmis lê laag en dig
in die ooste dring sonstrale
dreig om deur mis te breek
my ore tel mense stemme
wat haastig nog skel
bevele gee
dan brul
motors
en wit boë spat
voor boë klein en groot
diepsee toe waar skole snoek
aandag trek op digitale skerms
onmisbaar groot strek die skole
haak, breek sy nek en gooi weer
een vir een per handlyn getrek
val die slap lywe in die boot
tyd vir kopkrap is daar nie
vanmiddag is dit vol gelaai
dan begin die vlek
en verkoop
alles
deel van
’n bedrewenheid
eie aan die
weskus
© Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2026 – STREEK/OMGEWING projek