getooi
verlore in jou glimlag
sagte krulle van jou mond
half hees stem wat prewel
klanke wat soet val op ore
wat dorstig luister daarna
eeue lank naarstiglik
gesoek in elke lied
maar nie gevind
jou soel skoonheid
wil ek met elke
asemteug verslind
tussen gange van note
heel, half of kwartnote
suisend oor golwe
wat agtergrond
skeppend vlek
met oë oopgerek
jou verken
en dan
saam
stem
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.