Jongste aktiwiteit:

Sommige dae is oranje

(teen die kromming van my nek
lê die slierte onperfek . . .
ek voel weer teen my wang
die krul van hare hang)

party dae is gemaak
om buite te kan sit
wyl die winterson se kus
teen rûe
en geboë skouers rus ~
langs die skadu van ‘n boom
waarin ‘n duisend voëls wou woon

soms is sonsit ook maar al
wat ek eintlik graag wil doen . . .

en met twee hande wat onthou
skil ek wéér ‘n ryp lemoen

(teen die kromming van my nek
sliert die hare onperfek . . .
ek voel ‘n hunker in die hang
van die krul hier teen my wang)

© C. Shaw
16 Augustus 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed