Jongste aktiwiteit:

Skulphart

Groen gly uit my oë
wanneer ek stip na jou staar
sien ek jou skulphart
voel ek jou skulptraan
brand in my skulphand

Ek is ‘n donsie wat aan jou wense vasklou.
in duisternis, ‘n fluisterstem in jou oor
jy wat al my krake wegtoor
maar ek bly ‘n spook
wat verby jou toer

Ek staar by my venster uit,
oor leë stegies waar my denke baljaar
maar jy het op droomland besluit;
terwyl my gedagtes verby die vensterruit vaar




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed